TUKS Sportweek
Die Universiteit van Pretoria en TuksSport, in samewerking met SportsMax en Sportworx nooi julle senior rugby-, netbal- en hokkiespanne uit na ‘n hoë energie, hoë impak sportkamp by die Universiteit van Pretoria se sportkampus (LC de Villiers sportgronde) vanaf 7 – 10 April 2010.
Die begeesterde en professionele afrigters by TuksSport sal verseker dat individuele-, span- en afrigtersafrigting alle relevante aspekte dek wat nodig is om julle daardie ekstra hupstoot te gee. Ons is die denkleiers in hoë verrigtingsportafrigting.
Die uitmuntende week sal gelei word deur bekende afrigtingspesialiste, insluitende Heyneke Meyer - Rugby, Elize Kotze - Netbal, David Viney en Kim Hubach – Hokkie. Hulle sal ondersteun word deur die Universiteit se kundiges op die gebied van sportwetenskap, voeding, sielkunde en video-analise.
Julle sal ook die geleentheid kry om julle vaardighede te toets en julle talente ten toon te stel in wedstryde teen ander skoolspanne.
Ons sal ons beste gee vir julle skool – gebruik die geleentheid om jou beste te gee vir jou span!
Seëvier saam met TuksRugby en TuksNetbal in samewerking met SportMax en TuksHokkie met SportWorx!
Om verdere kommunikasie te vergemaklik en om amptelike inskrywingsvorms te ontvang, vul asseblief die aangehegte vorm in en stuur dit aan TuksSportProjects@up.ac.za of faks dit na 086 502 4177.
Kontak Ons
TuksSportProjekte: |
012 420 6078 / 082 908 4291 |
|
TuksRugby: |
Gert van Coller 012 420 6066 / 0836361412 |
SportsMax: |
Jaco Barnard 012 346 6668 / 082 801 1427 |
|
TuksNetbal: |
Jenny van Dyk 012 420 6081 / 0828212448 |
Sportworx: |
Lizelle Larson 082 566 1976 |
|
TuksHokkie: |
Kim Hubach 012 420 6065 / 4206156/ 084 508 2000 |





